Gedagte vir die dag: Vrugtekenner

Vrugteboord_www_organicguide_com.jpg

Foto: organicguide.com

“Elke goeie boom dra tog goeie vrugte, maar ’n slegte boom dra slegte vrugte. ’n Goeie boom kan tog nie slegte vrugte dra nie, en ’n sleg te boom nie goeie vrugte nie. Aan hulle vrug   te sal julle hulle ken. Kry ’n mens dan druiwe aan doring  struike of vye aan dissels?” (Matt 7:16-18)

’n Mens se lewenswyse verklap sy stand. Deur jou lewe word dit duidelik onder wie se gesag jy staan. Jy staan óf onder die wêreld wat deur die duiwel regeer word, óf jy staan onder God in die koninkryk van sy Seun.

Mense kan sê net wat hulle wil, maar hul lewens identifiseer “die boom”. Uitkenning sê: “Hierdie is ’n taaipitperske, want hier hang taaipitperskes.” Oordeel sê: “Hierdie is ’n tamatie, kap hom uit.” Uitkenning sê: “Hier die boom behoort by die taaipitbome.” Oordeel sê: “Verwoes hom!”

Jesus stel jou in staat om ’n vrugtekenner te word, maar Hy alleen is die Regter wat sal oordeel wanneer dit nodig is. Bewaar jou vrugte. Dra vrugte wat by die bekering pas (Matt. 3:8).

Jou getuienis word streng getoets aan die vrug wat jy dra. Ek en jy sal soos al die ander voor God verantwoording doen vir die integriteit van ons getuienis – dan sal Hý die oordeel vel.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.