Gedagte vir die dag: Vrygemaak in die Gees      

Son_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid. Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Dit doen die Here wat die Gees is. (2 Kor 3:17-18)       

“Verlore seun – ’n wegloopkind – weer in die vaderhuis.” Dit is wat John Newton, eens die kaptein van ’n slaweskip, geskryf het toe hy vryheid en verlossing van die Here ontvang het. Ek kan nie aan ’n erger werk dink as om die kaptein van ’n slaweskip te wees nie. Ek kan nie dink aan iemand wat skuldiger kan voel en meer slapelose nagte kan beleef, as wat John Newton moes beleef het toe hy gedink het aan wat hy gedoen het aan daardie kosbare mense wat deur God geskep is nie. Tog, toe hy wedergebore is, toe sy sondes vergewe is, het hy gesê: “Ek is vrygemaak.”

Dalk voel jy vandag terneergedruk. Dalk voel jy vasgevang in die kettings van skuldgevoelens. Dalk het jy nie die energie om te leef nie omdat jy soos ’n mislukking voel. Dit hoef nie so te wees nie. Jesus het gekom om die gevangenes vry te maak, om die gebrokenes te genees. Hy wil vandag vir jou sy vryheid gee. Johannes 8:36 sê: “Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werk lik vry wees.” 2 Korintiërs 3:17 sê: “Waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.” 2 Korintiërs 3:6 voeg by: “Die letter maak dood, die Gees maak lewend.” Die Gees gee vir ons vryheid en die ware lewe in oorvloed.

Dankie, hemelse Vader, dat U u Seun en u Gees gegee het om ons vry te maak. Ek loof U vir u liefde en genade. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.