Gedagte vir die dag: Vrygewigheid gebeur

Hemelvaart_Opstanding_Stiltetyd.jpg

Foto: christianheadlines.com

Julle ken die ongelooflike goedheid van ons Here Jesus Christus. Alhoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword sodat julle deur sy armoede ryk kon word. (2 Korintiërs 8:9)

’n Ruk gelede het ons van ekerk se kant ’n studie oor vrygewigheid en weggee onder Afrikaanssprekendes gedoen. Sowat 86% van die respondente het aangedui dat hulle kerklik

betrokke is. 39% van hulle het aan gedui hulle verkies om hulle tyd weg te gee; 31% kies om lewens middele en ander noodsaaklikhede te gee; en 30% mense deel ook hul geld met ander. Oor die motiverings vir weggee, dui 57% mense aan dat die Bybel hulle so leer, terwyl 44% dit doen van weë ’n innerlike oortuiging om goed te doen.

Weggee is dus hoog op mense se agenda. Die Nuwe Testament leer ons dat weggee gegrond is in Christus se radikale prys gawe van Homself. Hy wat ryk was, het om ons onthalwe arm geword, skryf Paulus in 2 Korintiërs 8:9. Ten diepste gaan dit nie om die gee van ons besittings nie, maar oor die gee van onsself. Daarom het selfs die armstes onder ons ook iets om te gee.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

Die boodskap het my laat dink aan iets. ‘n 10de is tog 10 % van ons inkomste ek wonder wat die lomsom sou kon vermag as ek dink in terme van verandering in skole, universiteite, aftree oorde, hospitale, sou almal in ons afrikaner gemeenskap hulle volle 10de in een put gooi met die gemeenskaplike doel, maar is dit God se wil, dalk ‘n gebed saak? Wat sou God met die geld wou doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.