Gedagte vir die dag: Vryheid

Lemoen_boom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here God het hom gewaarsku: “Jy is vry om van enige boom in die tuin te eet, maar van die boom van kennis van reg en verkeerd mag jy nie eet nie. As jy daarvan eet, sal jy beslis sterf. (Genesis 2:16-17)

Ware liefde vereis die vryheid om te kan kies. God wou van die begin af ’n liefdevolle verhouding met jou hê, en daarom het Hy vir jou hierdie vryheid gegee. Maar saam met die vermoë om te kan kies, kom die moontlikheid dat jy jou eie wil bo God s’n sal stel. Sonde en boosheid bestaan omdat God se skepsels hul eie wil bo God se wil stel. Maar jy kan kies om te doen wat reg is. Jy kan God se wil kies. En wanneer jy dit doen, sal jy God se seën op jou lewe ervaar.

Wat gaan jy vandag doen met jou vryheid om te kan kies?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat die Heilige Gees wat in ons woon….ons beskerm, leer en lei

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.