Gedagte vir die dag: Die waagstukke van liefde

liefde-hart

Foto: Hercampus.com

As julle mekaar liefhet, sal almal daaraan sien dat julle my dissipels is. (Johannes 13:35)

Sê nou ons loop almal die risiko om ons liefde in al ons verhoudings só uit te leef dat die hele wêreld dit kan sien?

Die liefde waag dit om sag te wees. Sien jou oortreders as broers en susters, en onthou dat hulle, nes jy, die vryheid van die kruis ken en dat God hulle vashou. Hy is net so begaan oor hul bestemming as oor joune. Sy liefde is meedoënloos, ongetem en onafgebroke te midde van hul gebrokenheid – en joune.

Die liefde waag dit om sterk te wees. Waag dit om met grasie stil te raak wanneer aanvalle – vermom as ’n gesprek – na jou geslinger word. Staal jou teen kwetsings en stuursheid, en gooi die liefde wat alles bedek met sterk arms wyd uit (1 Pet. 4:8). Behou die teenwoordigheid van gees om te onthou dat iemand se antagonisme waarskynlik meer van hom of haar sê as van jou. Skraap dan al jou krag bymekaar om op jou knieë te gaan en te vergewe.

Die liefde waag dit om sensitief te wees. Bid vir onderskeiding en volg jou instink.

Die liefde waag dit om soepel te wees. Buig laag in die wysheid wat nederigheid kweek, wat na groter wysheid lei. Wees in dieselfde mate buigsaam oor ander mense se tekortkomings as wat jy wil hê hulle buigsaam moet wees oor joune.

Kan jy dit waag om vandag sag, sterk, sensitief en soepel te wees, en iemand genadig te wees?

Jesus, ek wil radikale liefdesrisiko’s neem. Maak my asseblief dapper. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.