Gedagte vir die dag: Waarde

Foto: Annelize Brits – Namakwaland se blomme

Luister, so sê die Here wat jou geskep het: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. (Jesaja 43:1, 4, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Jy is vir God so kosbaar dat Hy jou nie net uniek en na sy beeld gemaak het nie, maar sy Gees werk in jou. Die God van die heelal het jou lief en wil hê jy moet nou en vir altyd by Hom bly. Hy belowe dat as jy sy kind is, jy vir altyd Syne is en dat sy liefde vir jou nooit sal vergaan nie.

Is dit vir jou moeilik om te aanvaar dat jy vir God kosbaar is?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adri ·

Hou net in gedagte dat die woorde van Jesaja 43 God se woorde aan israel is deur sy profeet Jesaja.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.