Gedagte vir die dag: Waarheid – jou verdediging, jou dokter

veld_see_heuwel_skape_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk. (Psalm 107:20)

Jy het die waarheid van God se Woord nodig om jou te help vasstaan teen die golwe van tragedie, en die golwe van leuens oor die vyand se lippe. Tog is die waarheid meer as net jou verdediging. Dis ook jou dokter.

Wanneer die draak van lyding se kloue jou hart oopskeur, moet jy die moed bymekaarskraap om waarheidsalf aan die rou wond te smeer, maak nie saak hóé seer dit maak nie. Sonder die waarheid, sal dit sweer.

Die Bybel is nie net ’n boek met goeie raad en inspirerende stories om jou te laat goed voel nie. Dit beskik oor bonatuurlike krag om harte en gedagtes, lewens en omstandighede te verander (Rom. 1:16; Heb. 4:12). Dit bring vir jou hoop, genesing en perspektief te midde van jou oorlog wanneer die wêreld dit nie vir jou kan bied nie.

Watter deel van jou lewe het die waarheid van God se Woord nodig om die bloeding in jou hart te laat stop? Hoeveel tyd het jy in God se Woord deurgebring sedert die geveg begin het?

Vader, dankie dat U dit nie aan my oorlaat om self my oorlogswonde te verbind nie. Dankie vir die pragtige waarheid, wat genees en vir my die moed gee wat ek nodig het om aan te gaan. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.