Gedagte vir die dag: Waarom ek weet dat jy nie sal moed opgee nie

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd. (2 Korintiërs 4:16-18)

Ten spyte van al hierdie lewe se hoogte- en laagtepunte, is daar ’n gerusstellende ritme in Paulus se heilige argumente vir ’n genadige God wat alles ten goede laat saamwerk en wat nie sal toelaat dat enigiets sy liefde vir jou sal laat afneem nie (Rom. 8).

Maar miskien is sulke woorde al so lank as wat jy kan onthou as pleisters op jou seerkry geplak, en kan jy hulle nie meer voel nie. Ek bid dat jy dié waarheid sal onthou: Jy is ’n kind van God. Moed opgee is nie wat jy doen nie. Jy ken God. Jy weet Hy ken jou. Jy weet hierdie lewe is nie waaroor dit eintlik gaan nie. Dit het alles wel ’n doel. Hy sal jou deurhelp. En dit sal wonderlik wees.

Kan jy jou voorstel hoe die ewige heerlikheid die stres of lyding van vandag balanseer?

Jesus, dankie dat U my voortdurend innerlik nuut maak en verkwik, maak nie saak wat uiterlik met my gebeur nie. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sanja ·

Maroela, julle Gedagtes van die dag gee my siel voorwaar kos. Baie dankie vir die Mooie gedagte. Mag jul die stukkie vir my epos. Wil dit graag druk…. Mooi dag vir julle almal by Maroela Media, Mag julle nog lank geseën bly vir ons aanlyn koerant lesers, sodat ons elke dag ‘n stukkie “brood” kan kry om moed te hou en voort te gaan!

Andrè ·

Goeie dag. Ek stem 100% saam die leser hierbo. Die Woord van God wat u daagliks bring is ons daaglikse brood. Hou moed, hou so aan. Goeie werk. God is trots op sulke gehoorsame kinders soos u. Mag God u seën met die nodige weisheid en insig om die Woord vir nog jare aan mense te bring. Beste wense……..
Andrè

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.