Gedagte vir die dag:  Waarom leef jy?

mense_vrolik_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit is my doel dat hulle moed sal skep en deur liefde aan mekaar verbind sal wees. Ek wil hê dat hulle insig skatryk en oorvloedig sal wees, ja, dat hulle God se geheim heeltemal moet ken, naamlik: Christus. (Kolossense 2:2)

Wat is die sin van die lewe? Ja, waarom leef ons?

Tydens sy tyd in die konsentrasiekamp het Viktor Frankl sy medeslagoffers fyn dopgehou. Hy’t beleef hoe sommige mense, hoewel fisies sterk, eenvoudig nie emosioneel kon oorleef nie. Terwyl ander oënskynlik brose mense dit op ’n manier reggekry het om as gesiglose gevangenes te bly oorleef. Jare later publiseer hy die bekende boek: Man’s search for meaning waarin hy vyf lesse in die verband deel en etlike kere verwys na ’n aanhaling van Nietzsche: He who has a why to live for can bear almost any how.

Wanneer ons aan die diep waarheid kan vashou dat ons Skepper ons om ’n baie spesifieke rede hier geplaas het, kom die antwoord op die Waarom-leef-ek?-vraag natuurlik …

Jy is hier om twee basiese redes: Om God se onvoorwaardelike liefde regtig in jou hart te ontvang. En om dit dan – binne wie jý is en wat jy doen – te gaan gee. Dís jou why en jou how.

Vandag vind ek sin in wat U vir my gee … en die heerlikheid om dit uit te deel.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.