Gedagte vir die dag: Waartoe jy nie ingestem het nie

 Vetplant_stiltetyd_ReneRoux.jpg

Foto: René Roux

Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin. (Johannes 16:33) 

Pyn en tragedie – in watter vorm ook al – kan verhoed dat jy jou tyd en potensiaal gebruik om alles te wees wat God jou geskep het om te wees. Maar om met lyding te begin worstel en daarteen te baklei, moet jy eers erken dat dit bestaan of potensieel in jou lewe teenwoordig kan wees. Jesus het ons hiermee gehelp. Hy het die heerlike, vreugdevolle waarheid nooit afgemaak of nugtere, moeilike waarhede aanvaarbaarder aangebied nie. Hy was duidelik daaroor dat ons nie verras moet wees as ons ly nie – dat dit verseker deel van ons lewensreis sal wees. As die lewe dit nog nie oor jou pad gebring het nie, sal dit wel die een of ander tyd.

As jy ’n nugter perspektief op lyding het, sal dit vir jou kalm aanvaarding bring. Dis waar, jy het nie om lyding gevra nie en dit ook nie beplan of noodwendig verwag nie, en in die middel daarvan voel jy waarskynlik nie soos die spreekwoordelike sonstraal vir Jesus nie. Maar jy hoef nie geskok of verlam te wees deur die siedende storm nie. Nee, jy kan dapper wees omdat jou Redder die storm stilgemaak het. Jy kan selfs skerfies lig en vreugde, skoonheid en hoop begin sien.

Kan jy skryf oor ’n keer toe jy verontwaardig, platgeslaan of magteloos gevoel het oor smart of trauma in jou lewe?

Jesus, U het vir ons gesê wat om in hierdie lewe te verwag. Help my om u beloftes te vertrou: dat u die wêreld oorwin het, en ook my lyding. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris Evert ·

More,
Ek is regtig nie gehoorsaam gelowige nie. Ek glo well dat Jesus ons gered het. Ek sal nooi ander mens probeer te nakom. ek verdien geldtjie, genoeg om te kan lewe. wat vir my baie moeilik is ek werk weg van die huis en sien my vrou en kinder net naweke.

My kinder ly ook onder dit en hulle kry nie als in die lewe. inteendeel hulle kry amper niks behalwe kos en slaap plek en klere.

Dis regtig nie maklik en dit breek mens se hart om te weet in vandag se dae jy nie daar kan wees vir jou gesin.

Ek weet daar baie meer mense daar buite wat meer hulp as ek nodig het.

Mense Glo net God sal jou gesin seen met liefde, want as liefde weg raak in jou huis het jy probleme.

Alle mense het probleme tot jy sien dat liefde als kan hanteer.

Liza ·

Dit is asof hierdie net vir my vandag hier geplaas is… ons dien voorwaar ‘n Almagtige GOD! My hart is in ‘n duisend stukke en dit voel asof my lyf fisies pyn van die hartseer… maar God bly getrou en vandag se boodskap beteken ongelooflik baie in hierdie seer tyd….. Dankie my Here vir die onverwagse maniere waarop U seker maak dat ons altyd weet by U is niks onmoontlik nie…

Annelie Botha ·

Siekte, pyn en lyding, swaarkry en hartseer verander partymaal n mens se uitkyk na die lewe. Dis juis in daardie tyd wat n mens se gedagtewereld verander van positief na…verstoot, selfverwerping, vrees, eensaamheid, raadop, en verarming van jou hele menswees. Gelowiges…..selfs Jesus het op die kruis vrae gehad …”my God…waarom het U my verlaat?” Dis daar….tydens hierdie tyd wat n mens “DIE LEWE” ervaar in sy volheid. Daar leer jy wat wen en verloor beteken….wat ontvang en laat gaan verg. Weet net….God gee jou nie n berg waaroor jy nie gaan kom nie. Skep moed en gebruik Sy Woord…hardop. Spreek positief al se jou hart vir jou iets anders. Jou getuigskrif word dalk net n manier waarop God met iemand anders kan werk! Skep moed. Daar is iets beters wat wag!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.