Gedagte vir die dag: Wag op die Here

man_strand_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek roep uit: “Ek beteken niks. Ek verwag niks meer van die Here nie.” Ek sê vir myself: “My lewe behoort aan die Here. Ek kan op Hom vertrou.” Die Here is goed vir hulle wat hoop op Hom en vra wat Hy wil hê. Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red. (Klaagliedere 3:18, 24-26)

Klaagliedere. Daar sak ’n swaarmoedigheid op jou neer as jy dié boek begin lees, want dis ’n rapport van ellende. Dit gaan sleg met die oorblyfsel van God se volk. Selfs die vrome profeet Jeremia het gemeen alles is verlore, gedink dis klaarpraat met hom én met sy hoop op die Here. Dis die ergste wat met ’n gelowige kan gebeur: om sy hoop op God te verloor.

Maar, nee, hy gaan hom nie laat onderkry nie. Die Here is tog sy lewe; daarom gaan hy net bly hoop op die Here. Ten spyte van die haglikste omstandighede sal hy hardnekkig sy vertroue in die Here bly stel.

Jeremia het ontdek dat die Here goed is vir mense wat net bly hoop en getrou na die wil van die Here vra. Wag maar net geduldig op die hulp van die Here. Soms moet ’n mens baie lank wag. Dis die wag werd, soos Jeremia en sy medegelowiges ontdek het. Soos jy ook sal ontdek.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

nic ·

Nee Connie dis nie verby nie. Tel jou geloof en hoop weer op- al is die seisoen van nag hoe lank en donker. Die ligdag sal weer breek. Sterkte

Lukie Carelsen ·

Dit laat my aan die woorde van Koos van der Merwe (Prophet) se liedjie dink: “More gaan die son weer skyn. Dis die lewe se mooiste refrein. Glo dit as jou hoop wil kwyn. More gaan die son weer skyn”

Koos ·

Connie dit is die resultaat van jou lewe aan die denkbeeldige oorlaat. Neem self verantwoordelikgeid vir jou doen en late.

Vicky ·

Connie wens ek kon met jou praat. Ek het ook al baie so gevoel. Doen die volgende: Gaan op jou knieë en sê Here ek kan nie meer neem U oor. Gee dit vir Hom en vertrou. Ek ken nie jou omstandighede maar almal het seer. Sterkte ?

Verloste ·

1 Pet 5.7. Werp al julle sorge op Hom want Hy sorg vir julle.
Dit help om op sulke verse te mediteer en dit daagliks nee uurliks in geloof toe te pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.