Gedagte vir die dag: Wag op Hom

woud_pad_stilte_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

So sê die Here: Op ’n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor. (Jesaja 49:8)

Daar is seker nie ’n mens op aarde wat geduldiger as Job was nie. Maar selfs hy het tussen hoop en wanhoop rondgedobber. Een oomblik wou hy sterf en die volgende oomblik het hy uitgeroep: ‘Ek weet dat my losser leef!’ (Job 19:25).

Wanneer jy op God se antwoord wag, is dit van die allergrootste belang om te weet dat jy nie tevergeefs wag nie. God het ’n plan met jou lewe. Al kan jy nie nou die rede vir hierdie wagtyd insien nie, God weet wat Hy doen en nie een van ons kan vir Hom voorskryf nie.

Hy weet wanneer die tyd reg is en dan sal jy besef hoekom jy moes wag en juis op Hom moes wag.

Dawid hef ’n klaaglied aan in Psalm 13:2–3: ‘Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae in kommer deurbring?’

Dis die soort verwyte wat ons maklik in God se rigting slinger. Ons is haastig, die lewe is vinnig en ons kan nie bekostig om te wag nie. Daarom vaar ons soms die wêreld in met net een begeerte – om ons doel te bereik. In die proses hou ons op om te bid en vergeet ons God is liefde.

Mag ons eerder saam met Dawid bely: ‘Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart’ (Ps 13: 6).

Here, U weet die beste.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Baie dankie vir n wonderlikke boodskap vandag, en dis so waar ond GOD weet wat ons nodig het en wanner. Lief u Vader!!!

SNEL ·

Baie dankie vir die pragtige gedeelte. Het nodig gehad om dit te hoor en net weer te besef om rustig te wag, God weet die beste.

roettie ·

smith
ja Here soos n dawid hou ek vas aan u liefde.baie dankie dat u daar is vir ons

Beaty ·

Baie dankie dat ek ook kan deel in U Grootheid en U Almagtigheid

Maria van Dieweeck ·

Dankie ons wonderlike, almagtige God, dankie ook vir die mooi skrywe

Johan ·

Dearest Abba, Father, You discipline me because You love me. Help me understand that Your disciplining me will produce fruit of the Spirit in me and will drive me closer to Jesus. Your discipline is very much measured and is for a season bringing about Your purpose in my life. Abba, give me a heart of cheerful surrender, one that gladly receives Your discipline. Father, whatever it takes, make me more like You. Bring forth a harvest of righteousness and peace in my life. Help me to follow Your ways and not my own. Help me to commit to the changes I know I need to make in my life. And let me experience You guiding and encouraging me every step of the way. In Jesus’ Name, Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.