Gedagte vir die dag: Wandelende biblioteke vol wysheid

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Merk jou pad vir jou duidelik af, dan sal jy seker wees waarheen jy gaan. (Spreuke 4:26)

Argiewe is plekke waar belangrike dokumente gestoor word. Ek was nou die dag heeltemal verstom toe ek lees van een kerkargief wat reken dat hulle oor die drie kilometer se kerklike dokumente daar stoor. Ons blink uit in bewaring van historiese godsdienstige materiaal, maar of ons die evangelie ewe passievol uitleef, is ’n ander vraag.

Ons almal het persoonlike inligting wat ons veilig wil bewaar. Die digitale wêreld het dit baie makliker gemaak vir ons. Enorme hoeveelhede inligting kan met gemak in die kuberruim gestoor word. Dit is egter een ding om inligting hier en elders te berg, maar iets anders om dit sinvol te gebruik. Wysheid is nie net om ’n biblioteek vol kennis te hê nie, maar om te weet hoe om dit uit te leef. Spreuke leer vir ons dat wyse mense voortdurend die regte kennis najaag.

Wyse mense hou nooit op om te leer nie. Hulle is lewenslange studente van God en van die lewe self. Maar hulle is meer as blote menslike bergplekke of stoorplekke van kennis. Hulle leef dit uit. Hulle deel dit met ander. Hulle is wandelende biblioteke van hemelse wysheid.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here ek is so dankbaar vir n Bybel vir elke boek waaruit ek kennis put..Here vul my met U Gees sodat ek dit kan uitleef..in Jesus Naam

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.