Gedagte vir die dag: Wanneer almal wil help

mense_gelykenis2-vertel_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ons het ondervind dat dit alles waar is. Luister na my raad en pas dit toe op jouself. (Job 5:27)

Job se vriende wou hom waarskynlik regtig help. Hul kritiek en onsensitiwiteit het dinge vir Job net erger gemaak.

As jy deel is van ’n ongelooflike gemeenskap wat graag betrokke wil wees in jou lewe – wil deel in jou vreugde, die alledaagse dinge én jou hartseer – kan dit moeilik wees as daardie mense naby aan jou wil kom om jou te help dra aan jou las. Of selfs daardie tye wanneer dit vir jou voel hulle omgee raak te veel.

Mense se verstaan van jou stryd is amper altyd eendimensioneel. Dis jóú stryd, nie hulle s’n nie. En selfs al het jy deur presies dieselfde trauma as iemand anders gegaan, sal jy nooit ten volle kan begryp waardeur daardie persoon gaan nie, want die manier waarop elkeen van ons smart of ontnugtering interpreteer, verskil.

Tog moet jy ruimte laat vir die feit dat mense jou liefhet en wil help. Hulle sien maar net ’n klein deeltjie van jou swaarkry, maar hulle is gretig om vir jou hoop te gee waar hulle kan. Laat hulle toe om dit te doen. Jy hoef nie al hulle raad te volg nie. Probeer nogtans om genade te bewys, soos wat jy graag sou wou hê iemand aan jou moet bewys as jy dalk op die verkeerde tyd die verkeerde ding vir iemand in pyn sou sê.

Was jy al ooit kwaad vir iemand wat vir jou gesê het jy moet vrolik wees te midde van intense sielepyn?

Here, dankie vir mense wat werklik omgee. Help my om hulle op grond van hul bedoelings te beoordeel, nie op grond van hulle dade nie. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genieve ·

Ons almal kom uit verskillende oorde,maar wat ek weet is dat die HERE n hulp vir ons is.Ons moet elkedag dankbaar wees,want die HERE is altyd n GOD van naby. ONS strydte verskil van mekaar,maar die Here help ons daardeur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.