Gedagte vir die dag: Wanneer die nuus ons (bly) platslaan

See-strand-rus-boekevat.jpg

Foto: flowercampings.com

Jesus antwoord Simon Petrus: “Wat Ek besig is om te doen, verstaan jy nie nou nie, maar wanneer alles verby is, sal jy dit verstaan.” (Johannes 13:7)

Raak jy ook soms moedeloos oor die nuus? Wanneer jy van nóg ’n verkragting en moord, nóg honderde-is-dood-ramp of nóg ’n bedrogspul hoor? Dan sê ons mos vir mekaar: “Waar is God in al hierdie dinge?” “Waar was Hy toe die ergste met die mees onskuldiges gebeur het?”

Op ’n dag toe ek voor God gaan sit het met hierdie vrae, het ek die volgende gebed geskryf:

Here, ek het al so baie gesien dat goeie mense so verskriklik swaarkry, dat rampe onskuldiges tref, pyn dierbares stukkend maak. Ek het al gesien dat mense wat U dien onregverdig behandel word, ongevraagd ’n harde lewe het …

Maar Here, ek het nog nooit gesien dat U swakkes wat van U afhanklik is in die steek laat nie; dat U hulle wat in pyn na U roep alleen los nie … Ek het nog nooit gesien dat U u beloftes van trou verbreek nie. Want Here, U is God! U, die Getroue, die Redder, die Beskermer. U ís Vader! Vader van die liefde.

Liewe leser, hou in nie-verstaan-tye vas aan die God op Wie jy altyd kan hoop. Hy ís in beheer, ís getrou, ís liefde … selfs wanneer dit anders lyk.

Vader, ek kan maar net bly vashou aan die wete dat U wel in beheer is. Wel die pad saam met u kinders loop.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

rene van Zyl ·

Die Woord se die koms van Jesus sal nie gebeur voordat Sy evangelie aan almal verkondig word nie. Ek luister n ruk terug na iemand wat profeteer dat die koms van die Here naby is, en dat ons n groot en kragtige uitstorting van die Heilige Gees kan verwag regoor die hele (wêreld) en dan die wegraping. Skielik besef ek hoekom daar so n groot instroming van mense oor die grense van ons land plaasvind….God bring almal nader na ons sodat ons die evangelie aan almal kan verkondig. Hoe kan ons kla oor almal wat inkom? Elke een n siel wat ons vir God kan wen. Aan die ander kant van ons grense word mense vermoor en die Christen kerke word aangeval en party word met bomme bestook. Natuurlik gaan almal vlug, net soos mense nou uit Sirie en ander lande vlug. Kom ons wees dankbaar vir die voorreg om siele te wen vir Jesus. Ons gaan almal eendag voor Sy troon staan. Sal dit wonderlik wees om die woorde te hoor “welgedaan goeie en getroue dienskneg! Jy was daar toe ander jou nodig gehad het! Jy het jou nie geskaam vir My evangelie nie.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.