Gedagte vir die dag: Wanneer die waarheid verdraai word

Lemoen_boom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die slang was listiger as al die diere wat die Here God gemaak het. “Is dit regtig so?” vra hy vir die vrou. “Het God regtig gesê julle mag niks van die vrugte in die tuin eet nie?” (Genesis 3:1)

As ’n mens begin twyfel dat God se Woord absoluut waar is, baan dit die weg vir sonde. Het God regtig gesê seks is net bedoel vir ’n getroude man en vrou? Het God regtig gesê ons moet onderdanig wees aan mense in gesagsposisies? Het God regtig gesê ons moet vrygewig wees met ons swaar verdiende geld? Het God regtig gesê ons moet laster, vuil grappies en skinderpraatjies uit ons gesprekke hou? Het God regtig gesê ons moet aktief betrokke wees in sy kerk? Wanneer ons nie vashou aan God se Woord nie, loop dit uit op sonde.

Vra God vandag om dit vir julle uit te wys as julle besig is om verskonings vir julle dade te maak of die waarheid verdraai. Of as julle net lewe om julleself tevrede te stel in plaas van God. As julle die Woord weerstaan en bang is vir wat dit julle gaan kos om gehoorsaam te wees. As julle sy wysheid en goedheid in julle lewe in twyfel trek.

God het julle lief. Hy weet watter vrede en seën ons deur gehoorsaamheid sal verkry. Gee julleself vandag aan Hom oor as die Here van julle lewe.

Here, bewaar ons van die vyand se leuens. Gee vir ons die geloof om u Woord te vertrou en gehoorsaam te wees. Amen.

Bron:
Mnr & Mev – 366 oordenkings vir egpare deur Rob & Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eish ·

Die grootste verdraaing van die waarheid is juis van die wolwe wat die gemeente binnegesluip het.
Pastore, priesters, dominees, predikers, biskoppe, apostels, profete en pouse.

Jan ·

Jy mag ooknie skulpvis eet nie. En moenie vir my nou se dit moet in konteks gesien word nie. Wie besluit wanneer dit in konteks gesien moet word en wanneer nie?

Die probleem is nie dat die waarheid verdraai word nie, dis dat dit selektief gebruik word. My vertroue in hoe die woord gebruik word deur mense is lankal vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.