Gedagte vir die dag: Wanneer jy glo

Lighuis_sonsopkoms_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Hoe kan julle in My glo terwyl julle onder mekaar eer ontvang, en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie? (Johannes 5:44)

Die eer van mense word verkry deur werke, deur intelligensie, deur rykdom. Dit vereis nie noodwendig enige opregtheid of dat jy ’n ware oortuiging hoef te hê nie. Al wat dit vereis, is gedrag wat byval vind by die samelewing. Maar die eer wat van God af kom, word ontvang wanneer jy jouvoor Hom verootmoedig. Wanneer jy na sy Woord kyk en aanvaar wat die Skrif jou oor sy Seun leer.

Hierdie aanvaarding van Christus word bewys deur die keuses wat jy maak. Wanneer jy Christus glo, en wanneer jy hierdie oortuiging ernstig opneem, laat jy sy Woorde tot aksie oorgaan, want jy is oortuig van sy teenwoordigheid en sy heiligheid.

Omdat jou oortuigings dan vol van die Waarheid is, vul God jou. Jy word verander deur sy liefde. Jy word omvorm.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.