Gedagte vir die dag: Wanneer jy stres ervaar

Storm_see_rotse_golwe_boekevat_ChristoBrits.jpg

Foto: Christo Brits

Lees: Markus 14:32-42

Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword en vir hulle gesê: “Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!” (Markus 14:33-34)

Sommige Christene ervaar dit as ’n skande wanneer hulle gespanne raak omdat hulle meen dat kinders van die Here nie aan stres simptome behoort te ly nie. Niks is verder van die waarheid nie. Selfs Jesus was bang en gespanne kort voor sy kruisiging. Hy erken aan sy drie vertrouelingdissipels dat Hy doodsbenoud is en vra hulle om saam met Hom te waak. Dan neem Hy sy vertwyfeling na sy Vader, soos ons behoort te doen wanneer ons in ’n erge spanningsituasie beland.

Jesus vra ook vir Petrus, Jakobus en Johannes om wakker te bly en saam met Hom te bid. Ongelukkig stel hulle Hom drie maal teleur. Nadat hulle vir die derde keer aan die slaap geraak het, sê Hy vir hulle dat sy tyd gekom het en dat Hy in die hande van sondaars oorgegee gaan word.

Bybelkarakters wat spanning ervaar het, het telkens ontdek dat die oplossing vir hulle spanning by God lê: Wanneer God in hulle situasie ingryp, kry hulle oplossings vir hulle probleme en ontdek hulle keer op keer dat niks vir Hom onmoontlik is nie. God beloof om sy kinders te help as dit moeilik gaan, en Hy kom altyd elkeen van sy beloftes na. Indien jy ooit weer erge stres ervaar, volg Jesus se voorbeeld en vertel God daarvan. Hy kan en sal jou help en jou van die nodige krag voorsien om jou probleem op te los.

Here, op die oomblik is ek baie bang en benoud en ek weet nie hoe om my situasie te hanteer nie. Dankie vir u belofte dat U altyd daar is om my te help. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Muis ·

Amen alle Eer aan U o Heer dankie dat U vir my sondes gesterf het en dankie dat ek my vrese en hartseer en bekommernisse op U groot skouers mag plaas Groot is U. AMEN!!!!

Louw ·

Dankie Here vir genade onverdiend, by U is alles moontlik, U liefde verdryf alle vrees omdat ek vas op U kan vertrou en daarom U vrede kan ervaar.

Louw ·

Dankie Here vir genade onverdiend, by U is alles moontlik, U liefde verdryf alle vrees omdat ek vas op U kan vertrou en daarom U vrede kan ervaar..

Flip Sadler ·

Dankie vir die mooi boodskap,lekker om te weet na wie ons altyd heen kan gaan !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.