Gedagte vir die dag:  Ek weet, want ek ken Hom     

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Skaars het ek na Hom geroep, of daar was reeds ’n loflied op my lippe. (Psalm 66:17)

Die psalmskrywer sê dat hy tot God geroep het, maar dat hy terselfdertyd sy loflied gereed (letterlik “onder my tong”) gehad het. Sy lof het sy gebed sommer dadelik opgevolg. Dit gaan nie hier oor die feit dat sy gebed dadelik verhoor is, dat hy dit kon sien en God toe daaroor kon loof nie. Nee, hy loof sy God by voorbaat – in geloof prys hy Hom. Hy ken sy God en hy weet hy kan sy God vertrou. Hy loof sy God oor wat Hy gaan doen, en ook sommer vir wie Hy is.

Daar is ons les! As ons ons God leer ken, sal ons leer dat Hy te alle tye betroubaar en goed is, dat Hy ons saak te alle tye goed bestuur, dat Hy te alle tye die beste weet. Het jy ’n versoek, ’n behoefte? Bid dit en loof die Here sommer daarmee saam vir die uitkoms!

Altyd getroue Here, ek laat my behoefte nou by U. Ek vertrou U, want ek ken U. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ChrisE ·

Dit is die mees bevrydende gevoel om sonder vrees, angs stress en onbekende uitdagings te leef. Ons (ek) het nie die vermoë om die omvang van Sy liefde genade seën en barmhartigheid ooit te bepaal of te kan verstaan nie. Dit is slegs daar elke dag van ons lewens. Ons (ek) is baie keer ongehoorsaam en ongelowig. Gelukkig het ons Hemelse Vader meer geduld met ons as wat ons ooit sal besef. Hy is getrou.

Oom leeu ·

My HEMELSE VADER gee altyd die uitkoms op presies die regte tyd. Nooit te laat. ALTYD OP TYD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.