Droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei. (2 Korintiërs 7:10)
Werklike berou oor sonde is die werk van die Heilige Gees. Berou is altyd die gevolg van God se genade. As jy ooit selfs ’n greintjie haat teenoor sonde ervaar het, is dit omdat God dit vir jou gegee het. Ware berou betrek Jesus. Ons moet een oog op ons sonde hê en die ander op die kruis. Nog beter, ons moet albei oë op Christus hou en ons sonde net deur sy liefde sien.
Ware smart oor sonde is ook baie prakties. Dit sal maak dat ons versigtig is oor wat ons sê en wat ons elke dag doen. Ons sal moeite doen om ander nie seer te maak of te beledig nie. Ons sal elke aand die dag afsluit deur ons tekortkomings te bely en elke oggend begin deur God te vra om ons te help om nie teen Hom te sondig nie.