Gedagte vir die dag: Wat beteken die beeld?

landskap_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.” (Genesis 1:26)        

God maak die mens, anders as die diere, na sy “beeld”. Dit beteken dat ons op sekere maniere soos God lyk! Dink byvoorbeeld aan die feit dat die mens selfbewus, rasioneel en kreatief is, dat hy ’n vrye keuse uitoefen. In hierdie vers dui die konsep spesifiek daarop dat die mens God se verteenwoordiger op aarde is. Ons tree namens God in die wêreld op, ons heers – soos Hy heers – oor die hele skepping, maar ons heers natuurlik ónder Hom.

Die morele implikasie van die mens as “beeld van God” is egter geweldig. Dit beteken dat die mens langs my – op straat, by die werk, in die winkel – ook God se beeld dra, ook Hom verteenwoordig! Dit beteken dat hulle almal hoë waarde het! Dit beteken veral dat ek anders teenoor mense moet optree, selfs teenoor vreemdelinge en vyande. Dit beteken dat ek nét respek mag betoon, want as ek die beelddraer beledig, beledig ek die Een wie se beeld hy dra.

Wonderlike Skepper, dankie dat ek vir U hoë waarde het. Help my om ander te behandel met húlle hoë waarde in gedagte. Amen.

Bron: Hier is ek, Here deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Here vergewe my waar ek so dikwels dink en doen wat buite U Wil is…Amen

Kirst

Dis darem ‘n wekroep wanneer mens so daaraan dink. Eintlik weet ons dit, maar mens (ek altans) vergeet soms dat God almal geskape het. En God maak nie foute nie…