Gedagte vir die dag: Wat beteken “geseënde Kersfees”?

Foto: pixabay.com

Die skaapwagters het teruggegaan na die veld en hulle kuddes terwyl hulle God loof en prys oor wat die engele vir hulle vertel het, en omdat hulle die Kind gesien het, net soos die engel gesê het. (Lukas 2:20)

Wat beteken dit as mense vir mekaar sê: “Geseënde Kersfees”? Wat wens ons mekaar regtig toe? Nie een van ons wil tog ’n spul leë woorde kwytraak wat nie diep uit ons hart kom of wat niksseggend en leeg is nie. Hoekom sê ons juis dan iets soos “Geseënde Kersfees”? Wel, daar’s eintlik net een goeie rede – Jesus! Hy en Hy alleen is die rede hoekom Christene sê: “Geseënde Kersfees.” Kersfeestyd is feesviertyd oor Jesus se aan koms hier tussen ons. Anders gestel: “Jesus is the reason for the season!” soos wat ons ook gister vir mekaar gesê het. Tans is ons in daardie tyd van die jaar dat ons doelbewus sing en bly is oor die koms van die ware Lig na ons wêreld toe.

As ek en jy vir bekendes en onbekendes sê: “Geseënde Kersfees” nooi ons hulle uit om saam fees te vier oor die koms van die Vredeskind. Nog meer, met die woorde: “Geseënde Kersfees” spreek ons eintlik ’n seënbede uit oor elke aanhoorder om die teenwoordigheid van Christus te ervaar. Ons bid keer op keer dat sy vrede in hulle lewens sal triomfeer en dat hier die Kersfeesvreugde sal oorvloei na elke ander dag in hulle lewe. Dit is hoekom ons moet dink wat ons sê, en ook bedoel wat ons sê as ons vir mekaar goeie wense toewens. Want ons woorde is kragtige instrumente in die hand van God se Gees om sy vrede en vreugde na ander toe te laat oorspoel. Ons woorde is verbale geskenke om God te verheerlik en ander op te bou. Kom ons praat die regte soort vreugdetaal in hierdie dae. Kom ons maak God se hart bly deur vreugdevol oor die Jesuskind te sing en te praat.

Bron:
Blydskap wat bly deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Natascha ·

Amen. Ja baie vergeet waaroor Kerstyd gaan. Vir my is dit nie oor geskenke gee of ontvang nie, maar om Ons Vader te eer en te prys. en nie net die Feestyd nie, maar elke dag.

julius ·

Hi Stephan. Dankie vir die skrywe. Ek het eendag in ‘n winkel vir ‘n person gegroet met “goeie môre” waarop hy my teruggegroet het met “môre en hy draai om vra my meneer wat beteken goeie môre? Ek vertel hom dat ek hom ‘n goeie dag toewens. Hy sê dankie hy sal dit nooit vergeet nie en gaan nou ook mense so groet.

Realis ·

Kersfees is ‘n Heidense Fees! Kry dit tog net in julle koppe!

Wonder maar net! ·

Ek verkies “Geseënde Christus fees” dit maak nie saak watter dag van die jaar dit is, belangrik is die Christus in die fees. Niks anders maak saak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.