Gedagte vir die dag: Wat ek sê en dink

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser. (Psalm 19:15)

Wie is God? Wat doen God? Op hierdie vrae het die psalmdigter vir ons ’n paar antwoorde gegee. Ons het vir enkele oomblikke God se grootheid en heerlikheid in sy magtige skeppingswerke gesien. Sonder taal of woorde met ’n boodskap so helder soos die sonlig. Toe het die digter ons na die volmaakte woord van God laat luister. Ons het God algaande in sy grootheid en heiligheid leer ken. Uiteindelik kon ons nie anders as om voor Hom te buig nie. Skuldig. Sondaarmense wat nie eers ons eie skuld ken nie. Ons kon nie anders as om vir genade te pleit nie.

Maar nou is daar die pad vorentoe. Ons kan opreg vra dat God ons leer om reg te praat en te dink; dat Hy ons sal bewaar van wysneusige vrae en oppervlakkige antwoorde.

Kom ons buig voor Hom met diep ontsag en eerbied. Kom ons verlustig ons in sy Woord en aanbid Hom met verwondering. Dan sal ons lewe ’n sprankelende getuienis wees van sy onbeskryflike grootheid.

Bron:
In die skadu van die Allerhoogste deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.