Gedagte vir die dag: Wat God deur jou kan doen

Foto: pixabay.com

Julle moet in My bly en Ek in julle. ’n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. (Johannes 15:4)

Wanneer jy op die goedheid van God wil reageer, begin jy gewoonlik deur rondom jou te kyk vir ’n goeie daad wat jy kan doen wat sy hart sal verbly.

Maar is jy seker dis wat Hy wil hê jy moet doen?

Jy mag verskillende terreine beproef voordat jy die pad ontdek waarop Hy jou wil lei. Maar wanneer jy oortuig is dat jy binne sy heilige wil is, ontdek jy dat jy nie vir Hom werk nie, maar dat Hy déúr jou werk.

Jy sal nooit jou volle potensiaal in diens van Christus ontdek voordat jy besef wat God deur jou kan doen nie.

Vader, help my om ’n instrument in u hand te word wat binne u wil en tot u eer werk. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.