Gedagte vir die dag: Wat is jou motivering vir die lewe?

berg_see_rotse_boekevat.jpgUit sy volheid het ons almal ’n oorvloed genade ontvang. (Johannes 1:16)

Waarom werk jy, is jy betrokke by sekere instansies, doen jy die dinge wat jy elke dag doen? Ja, wat is jou dryfveer in die lewe? Doen jy dit om ander te beïndruk? Om aansien te geniet? Jouself te bewys? Of word jou motivering in die lewe intern bepaal: soos dat jy daardeur ’n bepaalde tevredenheid en vervulling geniet; dat jy God se wil vir jou lewe uitleef? Dis ’n diep-dink-vraag, want dit bepaal waarop jy jou gedagtes en energie fokus.

Die mees bevrydende nuus wat Jesus se koms ons gebring het, is dat ons nie onsself voor God hoef te bewys of te regverdig nie. Ons hoef nie iets te doen om sy goedkeuring te geniet nie. Want – in teenstelling met menslike norme – het Hy vir ons ’n alternatiewe manier van leef kom wys. Hy het vir ons kom demonstreer dat Hy ’n God is wat mense vrý maak. Sonder dat ons iets besonders hoef te wees, hard hoef te werk, iets moet word, géé Hy eenvoudig Homself vir ons. Hy stort sy liefde oor ons – onverdiend. Hy gee sy vergifnis – onvoorwaardelik. Hy bou vir ons die brug hemel toe – terwyl ons is wat ons is.

Wanneer jy toelaat dat Christus jou Bron van motivering word, word jy vry van selfopgelegde voorwaardes, prestasies en lysiesom-te-doen. Vry van wat ander van jou dink. En dan … reis jy op die voetpad van vrede.

Hoe heerlik die gedagte dat U my omhels … liefhet … vir wat ek ís.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

neelsie ·

Om op God te vertou beteken om ALLES oor te gee.
Moenie n christelik -ongelowige wees nie.
“ek kan mos sekere dinge self hanteer”

Martie Reynecke ·

Ek het ook al gewonder hoekom ek so heeldag werk. Ek wil niks vir niemand bewys nie. Ek is net dankbaar met hart en siel vir die groot genade en gesondheid wat Hy my elke dag verniet gee. Dan kan ek mos maar werk, want dit laat my goed voel. Vanaand het ek ‘n tevrede moegheid wat v my goed is. Dankie Vader vir u groot Genade en Liefde!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.