Gedagte vir die dag: Wat maak ons vry?

breek-vry_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Vervolgens sal die einde kom wanneer Jesus die koningsheerskappy aan God die Vader sal teruggee nadat Hy elke vyandige mag wat daar kan wees, onderwerp het. Die laaste van hierdie vyande wat vernietig moet word, is die dood. (1 Korintiërs 15:24, 26)

Wat maak ons vry van die vrees vir die dood? Slegs ’n verhouding met die persoon wat namens ons gesterf het (1 Korintiërs 15:55-57). As ons Jesus nie ken nie, sal ons die dood vrees – en ons moet ook.

“Om te sterf sal ’n geweldige avontuur wees,” sê Peter Pan. Maar slegs ’n wonderlike avontuur vir dié wat deur Christus se bloed beskerm word. Sonder Jesus is dit ’n angswekkende ewige tragedie.

Die dood is ons groot probleem. God het sy Seun gestuur om die dood ’n deurgang na die liefdevolle teenwoordigheid van God te maak.

Ons is nie veronderstel om die dood te verheerlik of te romantiseer nie – Christus het nie. Vir dié wat Jesus ken, is die dood egter die finale pyn en die laaste vyand.

Ek is gereed om God vanaand van aangesig tot aangesig te ontmoet, want al my sondes word deur die versoenende bloed bedek. – R.A. Torrey

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.