Gedagte vir die dag: Wat ons in Christus ontvang

Perde-Boekevat-.jpg

Foto: yulika.tumblr.com

Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het. (Ef 1:7-8)

Lees Efesiërs 1:7-14

Daar is veral vier dinge wat ons ontvang as ons aan Christus behoort, verduidelik Paulus vir die gemeen te in Efese:

  • Ons word verlos uit die mag van sonde én van die straf van sonde.
  • Ons leer om God se wil te ken. Hy maak sy wil aan ons bekend deur sy Woord, maar verál deur die Woord wat mens geword het.
  • Ons word as een liggaam verenig deur die kerk wat Jesus as Hoof het.
  • Ons word deur die Heilige Gees as God se eiendom verseël.

Deur Jesus se soenverdienste word jy verlos van sonde, leer jy om God se wil te ken, word jy nie net deel van God se liggaam op aarde nie, maar ook deel van die volk van God, en is die Heilige Gees jou persoonlike waarborg dat elkeen van God se beloftes vir jou waar sal word. Om hierdie rede mag jy nooit op hou om sy grootheid te prys nie! Die genade wat God jou kom gee, het die lewe van sy Seun gekos. Moenie langer wag om die wonderlike dinge wat God vir jou aanbied in ontvangs te neem nie.

Hemelse Vader, ek wil nou al die dinge wat U vir my in Jesus aanbied in ontvangs neem. Baie dankie daarvoor! Amen

Bron:
ʼn Loflied in die môre deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snip ·

Baie dankie vir elke dag se dagstukkies, so lekker om so iets te kry tussen al die berigte van geweld en misdaad. Ek geniet hulle vreeslik baie, nogmaals dankie.

anet ·

Ek Stem saam met jou snip. Donker wolke het ook saamgepak oor my die afgelope paar dae, maar hierdie dagstukkies gee my moed en krag om die dag aan te pak.
Dankie Maroela vir hierdie mooi woorde, ek waardeer dit so baie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.