Wat op aarde maak ek hier?

Geloof

Foto: Productiveflourishing.com

Het jy al stil geraak en jouself gevra: Wat op aarde maak ek hier?  Jy is beslis nie die enigste een nie. Sommige mense soek hul hele lewe lank vir die antwoord. My vraag aan jou is, waarna soek jý?

Ons as mens is geskape met ʼn doel, om te soek na betekenis. Die lewe sou nogal vervelig gewees het as ons nie ʼn doel gehad het om voor te leef nie. God was intensioneel met die leemte wat Hy in ons hart gelaat het, ʼn leemte wat nét Hy kan vul.

Sommige mense probeer daardie leemte vul met wat die wêreld hulle kan bied. Seks, rook, dwelms, verhoudings, werk, geld, status, sukses, ensovoorts. Net om aan die einde van hul soektog te kom en te besef dat dit net tydelike vervulling bring. Volkome vervulling kom net van Jesus af.

Ons lees in die Skrif in Jeremia 29:12-14 NLV: “Julle sal na my roep en bid, en ek sal na julle luister. As julle heelhartig na my soek, sal julle my vind. Julle sal my toeganklik vind, sê die Here.”

Ons sien vier belangrike konsepte raak in hierdie skrifverse:
– dat God na my sal luister as ek na hom roep;
– dat ek ʼn verantwoordelikheid het om heelhartig na God te soek;
– dat dit ʼn belofte is dat ons God wel sal vind wanneer ons na Hom soek; en
– die besonderse gedagte dat die Skepper van die heelal toeganklik sal wees wanneer ons Hom vind.

Ek wil jou vandag kom uitdaag om jou hart oop te maak en God te soek, na Hom te roep en vir Jesus ’n geleentheid te gee om saam met jou op jou lewenspad te stap. As mens eers aan die koninkryk van God geraak het en in verhouding staan met Jesus, sal niks anders in hierdie wêreld jou meer tevrede kan stel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Helien ·

Dankie Jesus dat ek U ken en dat daar n rede is hoekom U my op die aarde gesit het. Ek is lief vir U.

Redmari ·

Dankie Jesus dat U my lief het. Dankie dat U daar is vir my in goeie tye en in moeilike tye. U is my Redder en my Rots. Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.