Gedagte vir die dag: Watter leiding vir ’n kind hou die langste?

Sonsondergang - Boekevat - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Leer ’n jongmens om die regte pad te kies, en wanneer hy eendag oud is, sal hy nie daarvan afwyk nie. (Spreuke 22:6)

Ons weet dat ons ons kinders goeie waardes en goeie maniere moet leer. Dis eerstens ouers se taak om vir kinders lewensvaardighede te leer. Watter metode is die beste? Daar is veral twee metodes: praat en demonstreer. As ons praat, verduidelik ons die reg en verkeerd, en kinders moet luister. As ons demonstreer, leef ons bloot ons waardes self uit, en kinders kyk. Ons gee die meeste aandag aan die praat en die luister, en ook straf as hulle nie luister nie.

Wanneer moet ons bekommerd wees? Beslis as kinders soms nie na ons luister nie. Maar ons moet eintlik nog meer bekommerd wees omdat hulle ons áltyd dophou. Want wat hulle sien, het meer blywende invloed as wat hulle hoor. ’n Seun sien hoe sy pa sy ma vashou, met haar praat, haar help en haar  respekteer. Dit word sy “normaal” en hy gaan dit herhaal as hy groot is. Hy sien dié atmosfeer en styl kleintyd al raak en behou dit tot hy groot is (dit geld natuurlik ewe veel vir dogters). Wat sien jou kinders? Wat het jy gesien?

Ons leiding aan kinders moet ’n effek hê op hoe hulle op 80-jarige ouderdom optree.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Here U weet hoe dikwels ek struikel…net U genade troos my

AW ·

Jip Stem 100%, Saam !!

Tog, die werklikheid is dat n oormeerderheid kinders, ongeag van ras of geslag, te na gekom word, in gedoen word, omdat die Mense wat veronderstel is om hulle te versotg, en leiding te gee, en wat nog meer, net nie instaat is om dit te doen nie !!!

So meeste kinders het al reeds net daar n agterstand !!

annie ·

Albei is ewe belangrik. Deesdae word soveel verkeerde en onsinnige boodskappe en beelde versprei oor wat dan reg sou wees, bv oor geslag, menseregte en godsdiens, ook by skole, wat kinders sonder ouerlike betrokkenheid verwar. Dit help nie om later te wil raas en straf as die boompie klaar skeef gegroei het of skade plaasgevind het nie. Baie meer gebeur buite die gesinslewe waarmee die jeug gekonfronteer word en hul moet opgewasse wees vir gesonde besluitneming.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.