Gedagte vir die dag: Wees afgesonder

Vrou_sit_hek_sonsondergang_stiltetyd.jpg

Foto: invertedculture.net

Gaan van hulle af weg en hou julle eenkant, sê die Here, en moenie vat aan wat onrein is nie; dan sal Ek julle ontvang. (2 Korintiërs 6:17)

Die onvermydelike skeiding wat tussen ’n gelowige en ’n ongelowige kom, is ’n skeiding wat vanself gebeur. Dit gebeur vir die eenvoudige rede dat jy anders kies omdat jy ’n gelowige is wat na Christus soek.

Dit gaan nie daaroor om die een of ander standpunt in die openbaar in te neem of ’n morele punt te maak nie. Om die waarheid te sê, wanneer dit opgemerk word, kan dit nogal ongemaklik raak. Niemand moedig jou aan omdat jy anders as hulle kies nie. Tog kan jy nie help om op die een of ander tydstip anders te kies nie.

Wanneer jy wel in die een of ander saak anders begin kies, kan jy dalk ongemaklik voel, maar jy kan maar weet jy neem belangrike stappe in dissipelskap. Jy beweeg verder as blote geloof in God na die plek waar jy Christus waarlik volg.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.