Gedagte vir die dag: Wees gereed!

voetpad-brug-pixabay-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Wees dus altyd wakker en gereed, want julle ken nie die presiese datum of tyd van my koms nie. (Matteus 25:13) 

Josua 3:5 sê: “Josua het vir die volk gesê: ‘Berei julle voor. Die Here gaan môre wonderwerke onder julle doen.’” Ons moet onsself reinig en aan God toewy, want die Here gaan wonderwerke doen. Dit is om onsself af te sonder, om jouself gereed te kry vir wat God in jou lewe kom doen. Word gereinig van sonde en wy jou opnuut toe aan God. Wees gereed en berei jouself voor vir daardie wonderwerk.

Ek weet nie wat jy op die oomblik doen nie, maar hierdie vers herinner my aan toe ons pas op Shalom aangekom het. Ons het maar min toerusting gehad in daardie dae, maar ons het ’n kontrak gekry om saadmielies te plant vir ’n groot maatskappy. Ek het pas ’n Christen geword en aangevoel dat die Here sê: “Berei jou voor, want ’n groot wonderwerk gaan plaasvind. Die reën sal kom.” Maar daardie jaar het die reën weggebly, en al ons bure het gewag dat dit eers reën voordat hulle begin saai het. Maar ek het gevoel die Here sê: “Berei jou voor.” Daarom het ek begin plant, al was die grond droog.

Enige boer sal vir jou sê ’n mens moet wag vir die eerste reën, omdat die grond dan ’n bietjie klammigheid het, net genoeg om die saad te laat ontkiem. Maar ek het geplant. Dag na dag het ek in die stof geplant. En die wonderwerk het gebeur. Die reën het gekom en nie opgehou nie.

Wees gereed vir wat die Here vir jou beplan. Wy jou toe aan Hom. Wees gereed vir die wonderwerk, want dit gaan binnekort gebeur.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BOKKIEBEK ·

Amen….dankie Here vir die versekering dat U steeds in beheer is..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.