Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Julle totale leefstyl moet nou heilig wees, soos God heilig is. (1 Petrus 1:14-15, 2006-NLV)
Christene moet besef dat hulle leefstyl behoort te verskil van dié van mense wat God nie ken nie. Hulle moet heilig wees, soos wat God heilig is, skryf Petrus.
Om heilig te wees, beteken dat hulle ’n nuwe lewenstyl sal hê en afstand moet doen van al die sondes wat daar vroeër in hulle lewe teenwoordig was. Heilig beteken voorts om vir God afgesonder te wees; om dié dinge te doen wat Hy van sy kinders vra en om tot eer van Hom te lewe. Dit veronderstel ook dat hulle vir die sonde nee sal sê en ontslae sal raak van die sonde wat daar dalk nog in hulle lewe oor is.
Dis nogal ’n hele mondvol wat Petrus van die lesers van sy brief verwag. Hoe lyk dit? Sien jy kans om in die vervolg ’n lewe te leef wat aan God se vereistes in sy Woord sal voldoen?
Here, vergewe my dat ek so sukkel om heilig en afgesonder vir U te leef. Wys asseblief my sonde aan my uit en help my om hulle te laat staan. Amen.
Haleluja Prys die Here,Jesus van Golgota, Amen!!
Dis tragies wanneer jy hoor dat sommige predikers dit noem dat dit onmoontlik is om heilig te lewe, omdat die mens in sonde gebore en ontvang is. Dan vra ek myself: hoe kan so iemand wat ongehoorsaam is aan God, die evangelie/waarheid verkondig? Myns insiens is dit predikers wat hul nog nie bekeer het nie; wat nie hul gelykvormigheid aan hierdie wereld wil prysgee nie, maar ek dank die Here vir Sy Woord en die predikers wat die waarheid verkondig en nie terugstaan in hierdie moeilike dae nie. Mag ons vandag almal sing:”I pledge allegiance to the Lamb”.
Amen
Nina, jy sê sonde wat DALK nog in ons lewe oor is?! Noem vir my ‘n persoon wat eerlik, met oortuiging, kan sê daar is geen sonde meer oor in sy/haar lewe nie.
Ons almal sal tot die einde van ons lewe ‘n stryd teen die sonde hê, maar ons as gelowiges sal berou toon en GOD om vergiffenis vra en met ‘n opregte hart stry teen die sonde in ons lewe. goddeloses sal opsetlik volhard in die sonde.