Gedagte vir die dag: Wees lief vir jou broer

Bybel_kruis_2_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang: As ons God liefhet, moet ons ook ons broer en suster liefhê. (1 Johannes 4:21)

Onthou jy wat Jesus gesê het toe Hy sterwend daar aan die kruis gehang het? Hy het gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” (Luk 23:34). Dalk het een van jou kinders jou baie teleurgestel, en is jy so kwaad vir hom of haar dat dit vir jou voel of jy hom of haar net nie kan vergewe nie. Wel, jy moet, want Jesus het so gesê. Daardie besigheidstransaksie waarin jy ingeloop is, daardie man wat jou so in die steek gelaat het … jy moet alles vergewe omdat Jesus sê jy moet. Vergewe jou ouers vir die stukkende verhouding wat jy met hulle het en gaan maak dinge reg. Jesus beveel ons om dit te doen, ons kan nie self hieroor besluit nie.

Een van my vriende het eenkeer vir my gesê: “Angus, ek wil net vir jou sê ek hou van jou.” Ek het gelag en gesê: “Wel, ek hoop jy is lief vir my.” Hy het gesê: “Ja, ek moet lief wees vir jou. Dit is ’n opdrag, maar ek hoef nie van jou te hou nie. Ek hou egter baie van jou.”

Ons moet mekaar liefhê. Dit is soveel makliker om te vergewe as die persoon nie na aan jou is nie. Dit is baie moeiliker om dié vir wie jy lief is, te vergewe. Gaan maak dinge reg met daardie persoon wat jou te na gekom het. Dalk is dit jou vrou, dalk is dit jou man. Weet jy hoekom? Want niemand van ons weet hoe lank ons nog hier op aarde is nie.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ameli ·

Dankie Vader vir U oneindige Liefde en help my om altyd te vergewe, soos U my vergewe.

Yvonne ·

Here U weet dat ek nie instaat is daartoe as U Gees my nie lei en leer nie dankie Here vir vergiffenis

KaRoOkWaGgA ·

Ek het al soveel kere uitgereik om reg te maak waar ek fouteer het, maar dit voel vir my dat ‘n boom wat in die grond staan my eerder sal vergewe vir dit wat ek nie weet wat ek verkeerd gedoen het nie, as wat die familie wat in onmin met my lewe.

ameli ·

God het jou reeds vergewe. As jou familie jou nie kan vergewe is hul saak met God nog nie reg nie, bid vir hulle dat die kors om hul harte versag! Wys jy net elke dag Liefde. Soms moeilik maar druk deur. En God se vergifnis beteken meer.

God sal hul aanraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.