As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. (Matteus 5:41)
Daar is twee maniere om ’n taak uit te voer: óf jy kan dit onwillig doen en met so min moontlik probeer wegkom, óf blymoedig en met ywer en daardeur meer doen as wat enigiemand van jou kan verwag.
Indien jy volgens die eerste beginsel werk, sal jy uitvind dat jy baie ongewild is. Jy sal ontevrede wees met jouself omdat jy nie jou beste gee nie. Indien jy die tweede benadering volg, sal jy ’n gevoel van bevrediging ervaar omdat jy dit blymoedig gedoen het.
Jy sal probleme ondervind as jy dit uit eie krag wil doen. Indien jy egter elke aspek van jou lewe aan Christus wy, sal die Gees jou in staat stel om jou taak met entoesiasme te onderneem.
Verlosser, in u krag is ek tot alle dinge in staat. Help my om my taak met blymoedigheid te verrig. Amen.
Dankie MM hierdie is vir my wonderlik elke oggend
Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen !
Ja, die RK werk ook volgens die 2e beginsel want so kan mense ‘n plekkie in die Hemel koop of bewerkstellig. Die pous hang nou selfs afgode se vlieènde slange in sy ekstra-weelderige paleis en bid saam met afgode-dienaars vir klippoppe in so ‘n mate dat die kerklikes nou hul leier moet maan. Hierdie gee-gee-idee het perke. Die Bybel dui self aan dat die Vader aan iemand wat kamma vreeslik diensbaar was, sè: Ek ken jou nie.