Gedagte vir die dag: Wees ’n lewende voorbeeld van liefde

hart_see_sand_strand_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Doen dit egter taktvol en eerbiedig. (1 Petrus 3:15-16)

As Christene moet ons lewens ’n voorbeeld wees van hoe Jesus se liefde ons van binne verander. ’n Man en vrou in ’n gelukkige huwelik kan ’n kragtige voorbeeld wees vir gebroke mense. Selfs jou voorkoms kan ’n getuienis wees. As ons altyd gestres, onbeskof of geïrriteerd is, sê dit vir die wêreld iets oor ons innerlike lewe. Eric Liddell het gesê: “Ons is sendelinge. Waar ons ook al gaan, bring ons mense óf nader aan Christus óf ons vervreem hulle van Hom.”

Om tyd te maak om mense raak te sien, kan ’n wonderlike geleentheid wees om Jesus se liefde met hulle te deel. Om mense te groet of ’n behoefte raak te sien en iets daaromtrent te doen, laat ons lig skyn.

Jesus het mense se behoeftes raakgesien en hulle het na Hom toe gestroom, nie omdat Hy geld of status gehad het nie, maar omdat Hy hulle liefgehad het. Hy het vir hulle gebid, Hy het hulle innig jammer gekry en hulle gesond gemaak. Hy het woorde van lewe oor hulle uitgespreek. Kom ons doen die selfde.

Liewe Here, wys my waar ek u liefde vir ander kan wys. Gee vir my ’n groter vermoë om lief te hê en om beskikbaar te wees om te help wanneer ek ’n behoefte raak sien, maak nie saak hoe klein dit is nie. Amen

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LP ·

Amen, mag die gees van God my ook so verryk om my lig te laat skyn vir die wereld,ek het regtig n behoefte om my lig te laat skyn vir Jesus in dankbaarheid vir Sy groot liefde en genade wat Hy so mildelik oor my uitstort elke dag, en wil ek met Sy lig wat in my skyn vir ander wys dat ons n Lewende God aanbid en dat Hy n werklikheid is.

Michelle ·

Waar ek nou sit en tik voel dit asof n berg van my skouer af is want soms wonder ek gee ek nie te veel liefde nie ek wil so graag net help maar vandag se gedagte vir die dag is vir my n voorbeeld van hoe my lig moet skyn. Ek is veral dankbaar vir die Here se genade en hoop wat Hy vir ons bring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.