Gedagte vir die dag: Wees standvastig 

Bybel_boek_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wees dan standvastig en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur ’n brief was. (2 Tess 2:15) 

Hulle sê Mary, die koningin van Skotland, was banger vir die gebede van John Knox as vir ’n legioen soldate. Sy was bang vir hom omdat sy geweet het God praat met hom en hy leef binne God se wil. Hy het styf vasgehou aan die leer wat aan hom oor gedra is en hy het dit aan ander verkondig.

Dit is wat God vandag van ons verwag. As ons doeltreffend vir God wil wees, moet ons op God fokus. Ek het besef dat ’n mens nie heeltemal doeltreffend kan wees as jy op verskeie dinge fokus nie. Dit is soos ’n atleet. Hy kan goed wees in verskillende sportsoorte, maar as hy regtig wil uitblink, moet hy een sport kies. Dit is wat CT Studd gedoen het.

CT Studd was ’n magtige man van God en ’n uit stekende krieketspeler. Hy moes kies of hy ’n professionele krieketspeler wou word en of hy die evangelie wou verkondig. Hy het die evangelie gekies. Deur sy werk is die wonderlike organisasie World Evangelism Crusade gestig. Hy het in die Kongo gesterf en is daar begrawe. CT Studd was ’n man wat ’n keuse gemaak en daarby bly staan het.

Ek bid vandag dat jy standvastig sal bly en styf sal vashou aan die leer wat aan jou oorgedra is en dat jy dit aan ander sal verkondig.

Here Jesus, dankie dat ek die voorreg gehad het om u goeie nuus te hoor en te aanvaar en só in u heerlikheid te deel. Help my om styf vas te hou aan my geloof in U en om u evangelie te verkondig waar ek ook al gaan.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Agie ·

Amen
Dankie HERE dat U ons selfs in ons keuse krag gee. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.