Gedagte vir die dag: Wees sterk in die Here

Stiltetyd_wolke_Juanita Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Vind krag in julle verbondenheid aan die Here, ja, in die krag van sý sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek. (Efesiërs 6:10-11)

God werk aan jou. Hy het jou so lief dat Hy weier om jou te los net soos jy is. Wees soos Paulus en verbly jou in jou beproewings. Romeine 5:3-4 sê: “Ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting.” Is dit nie waarna jy soek nie – om ’n voorbeeldige karakter te hê?

Ons moet heilige mense wees; dit beteken opsy gesit vir God se gebruik. Ons moet anders wees sodat God ons kan hoor as ons bid en ons gebede kan beantwoord. As mense werk, werk hulle. Maar as mense bid, werk God. Bid jy? Hy hoor elkeen van jou gebede.

Leef deur geloof en in die krag van die Heilige Gees. Hou aan om met Jesus te praat en moenie terugkyk nie. Moenie na enigiemand anders luister nie.

Ek is seker jy besef ons leef in die eindtye. Jesus kom nie binnekort terug nie; Hy is alreeds op pad. Jy moet gereed wees daarvoor. Doen wat jou hande ook al vind om te doen, want die tyd is op. Mag God jou ryklik seën terwyl jy Hom aanhou dien, sonder dat daar enige kritiek of veroordeling in jou hart is. Weet net dat jy aan die Here behoort.

Ek wil jou vandag aanmoedig. Daar is iets wat jy vir God kan doen; dit maak nie saak hoe nietig dit vir jou lyk nie. Wat van klere of kos aan jou plaaslike toevlugsoord vir haweloses skenk? Of vir jou werknemers wys dat jy regtig omgee? Of daardie rondloperhond of -kat oplaai en ’n huis gee in plaas daarvan om net verby te ry? Ons doen al hierdie dinge vir die Here. Doen iets met dít wat God jou gegee het – en God sal jou selfs nog meer gee!

Hemelse Vader, ek vra dat U my gedagtes en gesindheid sal verander sodat ek U in elke faset van my lewe sal begin sien en ander sal dien asof ek U dien. Wys asseblief vir my maniere waarop ek u liefde vir ander kan wys. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.