Gedagte vir die dag: “Wees stil en weet … ”

Wolke_pad_be…t_Dykema.JPG

Foto: Reint Dykema

Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. (Psalm 37:23)

Doodloopstrate kan ’n mens nogal onkant vang. Veral as jy nie vooraf die doodloopstraat-padteken gesien het nie en dan die punt bereik waar jy eintlik besef jy’s “vasgeval”. Goddank, dat ’n mens ook by die punt-van-nie-verder-kan-gaan-nie, kan omdraai, terug kan ry en ’n ander weg kan vind, ’n uitkoms te wagte kan wees.

Kinders van God beland ook soms in doodloopstraat-situasies waar dinge skeefloop, ’n verwagte uitkoms toe nie gebeur nie en hulle nie meer weet watter kant toe nie. Maar kinders van die Vader het altyd hoop omdat hulle weet dat doodloopstrate – die einde van die pad – nie in God se padkaart-plan bestaan nie. Hy het immers die pad-van-nie-meer-verder-nie radikaal óór uitgelê, ’n ander Weg gewys, ’n nuwe Pad gebou. Hy het léwe kom gee daar waar dood was. Homself kom gee toe Satan ons gedwarsboom het. ’n Nuwe weg gewys toe ons self nie verder kon gaan nie. Moenie toelaat dat tydelike einde-van-die-pad-tye jou van koers af dwing nie. Bly jy net getrou, jou hand stewig in Syne gehou … en sien hoe Hy jou lei daar waar jy eintlik moet wees: waar Hy ís.

Hou vandag vas aan die seker wete dat daar ook in jou lewe nie doodloopstrate is nie, maar wel soms ompaaie, terugdraaioomblikke. Nuutword-geleenthede. Hom-weer-raaksien-tye.

Vader, dankie dat my toekoms in u hande is.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

rudy v d merwe ·

Dankie vir die gedagte. Ek vra ook voor bidding vir my ( kanker ) asb

jacoba kriel ·

Did reg DAT daar hofaksie is oor die springbokke waarom huil ehrinrich nice oor die bafanabafana wat been wit spelers het nie net ‘n wit buitelandse afrigter? Die gekose rugby span is Ra’s regmaar glad nie wereldbeker kwaliteit. Miskien moet hul ‘n volle swart span stuur met ‘n swart afrigter Dan kan one sien hoe werk dit. Die wit rugby malles moet vir hul nuwe belange as rugby kry hierdie afgod het die land al baie gekos in die oorname van ons land . Ek se maar net!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.