Gedagte vir die dag: Wees tevrede met jouself 

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is. Dit is Hy wat ons nuut gemaak het omdat ons Christus Jesus s’n is. Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef. (Efesiërs 2:10)

Ons vroue sukkel darem maar om onsself te aanvaar soos ons is. Ons wens dikwels dat ons tog net ’n paar dinge aan onsself kon verander. Party wil korter wees, ander langer, sommige wil blond wees, party wil gewig optel terwyl die meeste van ons stoei om ’n paar kilogram te verloor. Ons wil mooier, slimmer of ouliker wees. Nou gaan ons maar so wens-wens en onvergenoeg-oor-myself deur die lewe.

Kan jy dink hoe jou lewe sal verander as jy op die punt kan kom waar jy vrede met jouself gemaak het? Wanneer jy aanváár het hoe jy lyk en wie jy is? Wat ’n reuse verskil sal dit aan jou lewensingesteldheid en vreugdepeil maak!

Besluit vandag dat jy gelukkig is met hoe, wie en wat jy is. Leef dan met ’n glimlag wat sê: “Ek is tevrede!” Jy is in elk geval jou beste wanneer jy net jý is.

Dankie, Skepper-God, vir al die mooi wat U in my geskep het. Help my om MY voluit te leef.

Bron:
Moed vir elke môre deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.