Gedagte vir die dag: “Wees … ”

See-strand-rus-boekevat.jpg

Foto: flowercampings.com

Weerhou my van waardelose dinge; laat my lewe volgens u voorskrifte. (Psalm 119:37)

Ons moderne mense het dikwels aan min dinge gebrek: ons jaag rond in ons blink motors, bly in gerieflike huise en ons (of ons kredietkaarte) koop min of meer wat ons hart begeer of wat ons voel ons verdien.

Maar soms wonder ek: Lééf ons nog? Of bestáán ons net? Geniet ons nog die lewe? Of oorleef ons net? Kan ons sê ons leef ’n vol en ryk lewe? Of het ons arm geword? Brandarm aan vervulling, aan verhoudings … aan die liefde?

Miskien het ons so arm geword omdat ons so baie doen en so min sommer net ís: sommer net by God ís.

Kom ons bid:

Here, ek besef ons bestáán dikwels net. Van vroeg tot laat hardloop ons in sirkels om ons vele verpligtinge na te kom. Ja, Here, ons het bestaansmense geword wat leeg en dun is, want ons lééf nie. Ons het nie meer tyd vir ander, onsself en veral nie vir U nie. Ons het brandarm siele geword!

Stop my, Here, sodat ek u stem kan hóór. Maak my stil sodat ek u hand kan vóél. Open my oë sodat ek weer ráák kan sien. Sodat ek U, ander en myself weer ráák kan liefhê. En regtig kan lééf.

Onthou vandag: Jy kan jouself maar sommer net in Jesus se hart verloor en daar by Hom wéés. Dis immers vrede-hê.

Vader, vandag wil ek heeldag deur U leef, saam met U leef … in U stil wees.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.