Gedagte vir die dag: Die weg (en die wortel) van woede

man_eensaam_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie kwaad word nie; laat staan liewer jou woede. (Psalm 37:8)       

Hierdie vers is ondubbelsinnig en God se instruksies is kristal helder. Wanneer ons kwaad is, kan ons nie doen wat God van ons wil hê nie (Jakobus 1:20).

Dit voel byna onmoontlik om die trajek van ons wisselende emosies te keer wanneer ’n mens eers in ’n woedespiraal beland, maar dit kán gedoen word. Tel. Haal asem. Herinner jouself daar aan dat jy kán besluit om jou woede te beheer (net soos wat jy die telefoon vriendelik kan antwoord al was jy besig om met jou kind te raas). Maak seker jy eet reg, drink genoeg water, slaap genoeg – en praat met iemand (verkieslik met God) oor jou frustrasies. Vind die wortel (en die sneller) van jou woede. Waarom word jy so kwaad? Voel jy of die lewe – of ’n ander persoon – jou iets skuld? Hoe kan jy hierdie situasie beredder, of dit aan God se regverdige oordeel oorgee (1 Petrus 2:23)?

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.