Gedagte vir die dag:  Wen grond vir Jesus

Lighuis_sonsopkoms_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Staan op, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die Here se heerlikheid skyn op jou. (Jesaja 60:1)

Die Bybel praat van ’n kosbare erfporsie. Dit word in die hemel vir ons bewaar: “Hierdie erfporsie kan nie tot niet gaan of besmet word of verwelk nie; God hou dit veilig by Hom. En God sal ook júlle deur sy krag veilig bewaar sodat julle die verlossing sál ontvang deurdat julle op Hom vertrou. Julle verlossing sal in die eindtyd vir almal sigbaar word” (1 Petrus 1:4-5). Dit is ’n kosbare hoop, maar terwyl ons wag op ons heerlike môre, wat doen ons met ons vandag? Selfs gelowiges kan in die modder van sonde vassit. As jy in sonde vasgevang is en teruggly, is dit nou die dag, die uur en die tyd vir jou.

Oswald Chambers het gesê: “God lei ons nooit op ’n sekere tyd in die toekoms nie, maar altyd hier en nou. Besef dat die Here nou hier is en dat die vryheid wat jy ontvang onmiddellik is.”

Bejaardes is nie spyt oor wat hulle gedoen het nie; hulle betreur die kanse wat hulle deur hul vingers laat glip het. Ons moet groei deur geleenthede in verandering raak te sien. God wil hê ons moet oorwinnaars wees en grond vir Hom wen.

Here, ek bely my sonde en vra U om my te vergewe. Help my asseblief om versoeking te weerstaan en daarvan weg te draai. Ek wil ’n lewe leef wat U verheerlik. Ek wil grond wen vir u koninkryk en in genade groei saam met U. Amen

Bron: Vrede in sy teenwoordigheid deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.