Wen ‘n geskenkbewys van R1 000 dié Paasfees

(Foto verskaf deur CUM Boeke)

Soos so baie dinge in die Ou Testament gedui het op gebeure wat nog sou kom, bied die Joodse Paasfees en die verhaal van die Israeliete se bevryding van verdrukking die agtergrond vir die Paasverhaal.

Dit is nie toevallig dat die hoogtepunt van Jesus se verlossingswerk oor die Paastyd plaasgevind het nie. Vandag kan ons duidelik die simboliek daarvan raaksien: God se doel was om ons te verlos en nader aan Hom te bring, en ons te bevry – in hierdie lewe én die volgende.

Net soos Jesus se offer tydens Paasfees baie meer beteken het as die lammetjies wat voor die uittog geoffer is, is die vryheid wat Hy deur die gebeure van Paasfees bied ook soveel groter.

’n Praktiese manier om familietradisies tydens Paasfees te vestig, is om as gesin die kerngedeeltes van die Paasverhaal saam te lees op die Vrydag, Saterdag en Sondag van Paasnaweek. Hier is ’n paar voorbeelde van sulke gedeeltes om mee weg te spring:

  • Lees Johannes 14:1-14. Hierdie gedeelte bevat kernbeloftes en waarhede wat Jesus aan sy dissipels bekendgemaak het. ’n Belangrike vers om te memoriseer, is Johannes 14:6.
  • Lees Lukas 23:32-43. Hierdie gesprek tussen Jesus en die twee misdadigers wat saam met Hom gekruisig is, laat ons nadink ook ons eie skuldige harte. Aan die einde van die gesprek sien ons dat die een man verlos is en die ander een nie.
  • Die opstanding en groot opdrag: Matteus 28:1-18.

Ons wens jou en jou gesin ’n Paasfees gevul met die vreugde van God se groot genade toe!

WEN

(Foto verskaf deur CUM Boeke)

CUM Boeke is in 1939 gestig en is al vir meer as 80 jaar deel van Suid-Afrikaners se geestelike reis.

In samewerking met Maroela Media gee CUM Boeke vir vyf gelukkige Maroela-lesers ’n aanlyn geskenkbewys ter waarde van R1 000 om by www.cumbooks.co.za te gebruik.

Vul die vorm voor 10 April 2023 in om in aanmerking te kom vir die trekking.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die geskenkbewys kan slegs aanlyn gebruik word by cumbooks.co.za en kan nie by een van CUM Boeke se boekwinkels gebruik word nie.
  • Die geskenkbewys is geldig tot 30 April 2026.
  • Die geskenkbewys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 April 2023.
  • Die wenners se name sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die wenners sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • Die wenners se name sal op Maroela Media bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.