Gedagte vir die dag: Wêreldse ambisie

vrou_uitgestrekte-arms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dit sal goed gaan met elke mens wat na my luister. Hy wat my kry, kry die lewe self. Hy geniet die guns van die Here. (Spreuke 8:34-35)

G.S. Bowes lewer kommentaar oor die nutteloosheid van alle wêreldse ambisie wat nie gepaardgaan met toewyding aan God nie. Hy skryf oor vier van die wêreld se magtigste leiers: “Aleksander die Grote het gehuil omdat daar niemand meer oor was om te oorwin nie, en hy is op ’n jong ouderdom in ’n liederlike toestand dood. Hannibal, wat drie mandjies volgemaak het met die goue ringe wat hy by die konings gevat het wat hy doodgemaak het, het selfdood gepleeg deur gif te drink. Hy het hierdie aarde verlaat sonder dat enigiemand oor hom gerou het. Julius Caesar, wat ‘sy klere in die bloed van een miljoen van Rome se vyande gekleur het’, het 800 stede oorwin, net om deur sy beste vriend doodgesteek te word. Napoleon het sy laaste jare in ballingskap deurgebring.” Geen wonder Salomo reageer op dié manier oor die troostelose toekoms van almal wat sukses probeer behaal sonder toewyding aan God nie.

Help ons, Here. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.