Gedagte vir die dag: Werk vir beloning

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Harde werk bring beloning; om net te praat, bring gebrek. (Spreuke 14:23)

Daar is van ons wat graag sit en gesels oor alles wat ons wil doen en nie in ag neem dat drome meestal wind is en dat ’n gepraat jou nêrens bring nie. Politici wat te veel praat en te min doen, verloor hul ondersteuners. Vergaderings wat te lank aanhou, inspireer nie, maar verveel werknemers. Teiken jou taak met min woorde en spring aan die werk.

Jakob was so verlief op Ragel dat hy bereid was om sewe jaar vir haar te werk. Dalk het Jakob dit in ’n grap gesê, maar haar vader Laban het dit ern­stig opgeneem. In die Bybel staan Jakob het Ragel so liefgehad dat die sewe jaar soos ’n paar dae verbygegaan het. Intussen het niemand om Lea, Ragel se ouer suster, se hand gevra nie. Laban het tot die bruilof toe stilgebly en die swaar gesluierde Lea vir Jakob gegee, glo omdat dit nie gebruiklik was dat die jongste voor die oudste trou nie. Maar om Ragel as sy vrou te mag neem, was Jakob bereid om nóg sewe jaar by Laban te werk.

Miskien het Jakob sy mond verbygepraat toe hy gesê het hy sal sewe jaar vir Ragel werk. Feit van die saak is, hy het nie net gepraat nie, hy het op die ou end veertien jaar by Laban gewerk en Ragel op ’n eerbare wyse vir hom as vrou gewen. Wat sou hy en sy hele gesin alles gemis het, as hy nie sy besluit uitgevoer het en sy woord gestand gedoen het nie? Jakob se lieflingseun, Josef, sou nooit gebore gewees het nie. Hoe sou die geskiedenis van Israel dan ge­lyk het? Sou die broers en hul gesinne die groot hongersnood oorleef het?

Hemelvader, wanneer ons terugkyk op die geskiedenis van die mensdom, staan ons verstom oor hoe U woorde in dade omskakel en ons met oorvloed seën.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gert Hattingh ·

Ek glo as mens jou drome wil laat realiseer moet jy elke dag ietsie doen al is dit hoe klein om nader aan die realiteit te kom. Ek wil ‘n gedagte laat as ek mag? Die fokus in die nuus vandag is korrupsie, taal beleid, gratis onderig en ekonomiese groei. Mis ons nie die ware Bron van ons lewe nie? Hoe lyk die put van ons geestelike groei is dit leeg soos die Vaaldam tans, balkei ons vir Christelike beleid?

Charmaine ·

Vertel dit vir die studente. Hul moet almal gapjaar neem en met hul eie hande alle strukture wat hul vernietig het herbou – arbeid adel

Lulu ·

Dis veronderstel om moed te gee – maar ai ek wens ek het werk gehad! Die werkendes besef nie hoe bevoorreg hulle is om werk te he nie. Hoor my hart en smeking ASB Jesus!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.