Gedagte vir die dag: Die werke van sy hande

arms_uitgestrek_berg_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Here, U sal u doel met my bereik, want u troue liefde, Here, ken geen einde nie. Moenie die werke van u hande laat vaar nie. (Psalm 138:8)

As alles voor die wind gaan, is dit die heel beste tyd om jou beleid oor moeilike tye te bepaal. Teleurstelling of tragedie kan jou immers uiters alleen en ongeliefd laat voel, en dit help nie dan om die waarheid aan jouself te verkondig nie. Wanneer jy alleen voel – of dalk regtig alleen is – moet jy ’n dik, sagte laag soliede waarheid hê waarop jy tot rus kan kom.

Sal jy saam met die psalmis glo dat God jou nie verlaat het nie en ook nooit sal nie, maak nie saak hoe dinge vanuit ’n aardse perspektief lyk en hoe jy voel nie? Hy het jou geskep en Hy het planne vir jou lewe. En omdat sy troue liefde ewigdurend is, sal Hy die plan en doel met jou lewe tot vervulling laat kom.

Jy moet ook vroegtydig weet dat God se planne byna verseker heeltemal anders as joune sal lyk. En omdat Hy beide die verlede én die toekoms kan sien, en Hy terselfdertyd binne en buite tyd staan, kan jy vertrou dat Hy weet wat Hy doen.

Sal dit jou dag mooier maak om te weet dat God jou nie verlaat het nie, maar net besig is om sy plan vir jou noukeurig uit te werk?

Skepper-God, ek is so bly dat my lewenskoers nie van mý afhang nie. Laat u wil geskied. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.