Gedagte vir die dag: Die wind van die Heilige Gees   

is_wind_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Skielik was daar ’n geluid uit die hemel soos van ’n geweldige storm wind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul. (Hand 2:2-4)           

DL Moody, een van die grootste predikers wat ooit geleef het, het die evangelie aan meer as honderd miljoen mense verkondig. Hier volg die verhaal van sy roeping.

DL Moody het in ’n straat in ’n groot stad in Amerika gestap en skielik onthou wat ’n man eenkeer vir hom gesê het: “God wag steeds op een man wat volkome daaraan toegewy is om van Hom te hoor. Met daardie een man sal Hy die hele wêreld oorwin.” Hy het huis toe gegaan, maar kon nie slaap nie. Hy het van God gehoor. Hy is met die Heilige Gees gevul. Die volgende oggend het DL Moody opgestaan en gesê: “Here, ek sal daardie man wees! Ek sal my lewe volkome aan u diens wy.”

DL Moody is Brittanje toe en het daar ’n veldtog gehou wat jare geduur het. Treine vol mense het hom van byeenkoms na byeenkoms gevolg. Hy was ’n ongeleerde plaasseun, maar hy is met die Heilige Gees gevul en hy was gehoorsaam toe God hom geroep het.

Het jy ’n roeping van God ontvang? Antwoord Hom dan met hierdie woorde: “Ek sal daardie man wees,” of: “Ek sal daardie vrou wees.” Hy sal jou met die wind en die vuur van sy Heilige Gees bemagtig om getrou te bly aan jou roeping.”

Here, maak my ore oop sodat ek U kan hoor roep. Bemagtig my deur u Gees om die taak waartoe U my geroep het, uit te voer. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sannie ·

Daar was vir 1900 jaar nie die gawe van spreek in ander tale nie, maar in hierdie eeu het dit weer tevoorskyn gekom. Wat sou die rede daarvoor wees, want in Joël word al die gawes genoem, soos drome droom, gesigte sien, BEHALWE spreek in tale. Is spreek in tale n gawe wat VANDAG nog nodig is in die Christelike Kerk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.