Gedagte vir die dag:  Wisselvloei tussen jou en Hom

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Op daardie selfde dag sal julle goed weet dat Ek in ’n hegte verhouding met my Vader leef, en julle met My, en Ek met julle. (Johannes 14:20)         

Dis soms moeilik om te verstaan hoe God in ons en ons in Hom kan wees. Sheila Cussons se “Gebed vir dié in die wêreld” beskryf hierdie misterie aangrypend:

Dat ons leef omdat U leef is die eerste / van alles wat wonderlik is. / ’n Wisselvloei is daar tussen U en ons. / U vloei in ons en ons in U, en in U word / ons arme vog gesuiwer en vernuwe, / en ons self keer uit U terug en in ons in / deur die membraan wat tyd en wêreld is. / Membraan of illusie, so dun is dit …

Maak jou menslike gedagtewêreld oop sodat Hy op sy besondere manier aan jou hart kan raak. Jou op ’n onverklaarbare manier bewus van sy teenwoordigheid in jou kan maak.

’n Wisselvloei is daar tussen jou en die heilige God. ’n Heen-en-weer-vloei tussen aardse mens en ons  hemelse Here … Hoe wonderlik dat Hy Homself ín  jou tuisgemaak het. Hoe sterk maak dit jou!

Gees van God, bly vloei deur my, asseblief.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.