Gedagte vir die dag: Die wonder van Kersfees

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpgLees: Lukas 1:26-38

“Moenie bang wees nie, Maria,” het die engel gesê, “want God het besluit om jou te seën! Jy sal swanger word en ’n seun hê en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Hy sal vir ewig oor Israel regeer.” (Lukas 1:30-33, NLV)

Oor drie dae is dit Kersfees. En Kersfees bly ’n wonder. Miskien het dit tyd geword dat ons ’n slag oor hierdie wonder sal besin: God wat in die gedaante van ’n baba aarde toe kom sodat ek en jy deel aan Hom kan hê; sodat ons sonde uitgewis kan word en ons sy kinders kan wees. Die wonder van ’n heilige God wat sy liefde aan mensekinders kom verklaar op ’n sigbare manier met ’n Geskenk wat ná 2 000 jaar nog net so relevant is soos op Jesus se geboortedag.

Ongelukkig is die meeste van ons in die Kersgety so verblind deur die “wonders” in die winkelvensters dat die eintlike wonder baie keer by ons verbygaan. Ons fokus op fisiese geskenke wat jaar vir jaar duurder word. Tydskrifte se geskenke-idees wissel van honderde tot duisende rande.

Kom ons wees vanjaar minder kooplustig en ons gee eerder meer vir dié mense wat soveel minder as ons het. Jesus se geboorte destyds het immers eenvoud geïllustreer. Die mense wat eerste daarvan gehoor het, was eenvoudige skaapwagters. En hulle kry God se Seun in ’n stal, waar Hy in ’n krip lê. God wil jou steeds hierdie Kersfees met die herdenking van Jesus se geboortedag seën. Die minste wat jy kan doen, is om dieselfde aan ander mense te doen.

Here Jesus, vergewe my dat ek ook soms die wonder van Kersfees verruil vir klatergoud. Leer my die ware betekenis van u geboorte. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jade ·

Ek het ook altyd Kersfees gevier tot ek regtig my Bybel gelees het en gesien het dit word verbied. Die hele oorsprong van Kersfees is okkulties en het saamgesmelt om die destydse groepe gelukkig te hou om Christene te word.

God verbied in sy woord enige feeste wat dankie se aan afgode, bome met versiersels en alles wat daarmee saamgaan kom van heidense nasies af.

Ek kan nie iets vier wat God in sy woord verbied en dan volgens die andere gaan Hy kyk na jou hart nie, Hy se gehoorsaam my woord.

Jesus is in September gebore nie eers in Desember nie en die 25ste was die verjaarsdag van afgode waarop hulle toe sommer Kersfees gehou het.

Ek hou eerder by God se woord en ek weet ek is in lyn want ek moet rekenskap gee eendag.

Yvonne ·

Sjoe Jade, gelukkig kyk Jesus na my hart en my gesindheid wanneer ek en my familie sy geboorte vier in ootmoed en dankbaarheid vir die grootste geskenk wat God aan die mensdom kon gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.