Gedagte vir die dag: Wonderbare God

berge-karoo-francois-bezuidenhout-stiltetyd.jpg

Foto: Francois Bezuidenhout

Menslik gesproke is dit onmoontlik. Maar by God is alles moontlik. (Matteus 19:26)

Ongeag die ongeloof van soveel mense vandag doen God steeds wonderwerke. Moenie dit glo wanneer mense wonderwerke toeskryf aan toeval nie. Dit vra geloof en insig om te besef dat God aan die werk is en dat sy dade eintlik wonders is. Siekes word wonderbaarlik gesond, gebroke verhoudings word heel, mense se harde harte word vernuwe en ander ervaar dat God hulle lei wanneer hulle verward is.

Moenie toegee aan wanhoop nie. Moet ook nie sake in eie hande neem nie. Wag gelowig en biddend op God. Hy wil jou graag help en lei, al is dit nie altyd op die manier wat jy gehoop het nie. Maar wanneer jy terugkyk, sal jy insien dat God tot jou redding gekom het en jou op sy wonderbaarlike manier gehelp het.

Here, laat u wil gebeur. Ek plaas my lewe by vernuwing in u hande. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.